Ooskaap Maart/April 2008

Trip to the Eastern Cape via Oudtshoorn (KKNK), Baviaanskloof, Addo and Tsitsikamma

 

 

Die mense wat op die toertjie was:-

Adrienne en Tanya Kotze (Discovery I Tdi met Challenger waentjie)

Alfred Clark en Elsabe Hoal (Discovery III Td V6 met Conquerer waentjie)

Werner en Tania Kleinschmidt (Landcruiser 100 VX met Bushwakka waentjie)

Koos en Chanelle van Zyl (Landcruiser 80 met Bundu waentjie)

Chris en Johlene Kruger (Defender 110 2007 model met Bushwakka waentjie)

Christo en Sunet Giliomee (Landcruiser 70 met Desert Wolf waentjie)

 

Die Donderdagoggend van die 20ste Maart 2008 het ons trippie begin. Ons sou eers almal by Ronnie’s Sex Shop ontmoet, maar ek nie almal kry om op ‘n tyd te besluit nie en het toe maar besluit om in Oudtshoorn te ontmoet. In Oudtshoorn het ons besluit om in die Kango Bergoord te kamp. Koos het die Oudtshoorn gedeelte ‘n mis gegee a.g.v. werksverpligtinge en het ons eers later in die Baviaans gekry.

Dit is ‘n bietjie ver uit die dorp (+/- 25km), maar dit is baie rustig en die ablusie fasiliteite is bruikbaar. Ons het ‘n spesiale plekkie anderkant die rivier gekry, wat lekker privaat was met ruig bome en elektrisiteit. By hieride spesifieke plek is daar offisieel staanplek vir 6 voertuie (en hul waentjies), maar ek dink jy sal tot 10 kan indruk daar as die mense mekaar ken.Die kampeerplek besit ook oor ‘n groot swembad wat lafenis kan verskaf teen die geniepsige Karoo son. So tussen die KKNK deur het ons ook probeer om ‘n paar ander dinge te doen.

Wat jy nie moet mis nie is die waterval wat so 10km verder op die grondpad is. Ek dink die toegangsfooi is iets soos R22 per voertuig, maar dit is regtig die moeite werd. Die KKNK was natuurlik een van die hoogte punte en ons het besluit om een volle dag net daar te spandeer. Ongelukkig was die organisering die jaar nie so goed soos die vorige jare s’n nie

 

Gelukkig kon ons darem wyn by die bakke kry!

‘n Ander plek net om die draai, oppad na die Kangogrotte, is Wilgewandel. Hier kan die kinders vir ure besig gehou word, van ‘foefie slide’,kameel ry tot met bootjies op die dam vaar, terwyl jy sit met ‘n lekker botteltjie wyn by die restaurant en hulle dophou.  Die oggend van die 26ste Maart het ons opgepak en die pad na Baviaanskloof aangevat. Ons is nie deur Willowmore nie en het vroeer ‘n grondpad gevat wat met ‘n bord wat Baviaanskloof aandui.

Ons het ‘n bietjie gesukkel om Doringkloof (ons eerste kamp in Baviaans) te kry, maar het dit net na die Baviaanskloof polisiestasie gekry. Daar aangekom, was die kampeerplek ‘n bietjie vol, maar elke ou het maar ‘n plekkie vir hom oopgeskop en sy waentjie/tent opgeslaan. Was nie lank nie of Koos het ook daar aangekom (ten spyte van die feit dat ek hom verkeerde GPS koordinate gegee het…mmmm) By Doringkloof is daar ‘n lekker grasperk met ‘n groot dam waar jy kan swem, kano ry en ook visvang.

Dit was Chris en Kie se beurt die eerste aand in Doringkloof om kos te maak so ons het almal rondom sy ‘lapa’ laer getrek. Hy het besluit om ons te verras met ‘n hoender en pasta pot (wonder waar hy daardie resep gekry het), een met ‘n bietjie byt en die ander een vir die moffies. Na die lang dag se toer en al die op-en-af slaan, het almal maar redelik vroeg gaan inkruip. Daar is ook verskeie 4×4 roetes in die omgewing en ek, Christo en Werner het ook toe besluit om die volgende dag een te doen.

Die plantegroei is baie indrukwekkend met verskeie tipes proteas en kokerboomwoude wat oral rondstaan.

 Daardie aand was dit weer Christo se beurt om kos te maak en hy het natuurlik die dam heeltemal geruk en vir ons ‘n hele vark fillet gaargemaak.

Na ete het ons eers ‘n ou wasmasjiendrom nader gesleep as ‘n vuurmaakplek en toe ‘n paar lekker wyne begin vat.Ons is die hele aand opgepas deur Mufasa, wat ‘n Kataloniese Skaaphond (ek dink) is. Saans terwyl jy in die tent slaap, kan jy hoor hoe hy patroleer en die bobbejane verjaag. Hierdie honde is spesiaal ingevoer om ‘n ‘luiperd vriendelike’ omgewing te skep. Van kleins af word hulle in die veld gelos saam met die skape en groei dan eintlik op denkende dat hy ‘n skaap is. Hulle beskerm dan die skape teen bobbejane, luiperde en ander roofdiere wat dit dan moontlik maak vir die boere om nie hierdie roofdiere te gaan skiet om sy skape te beskerm nie. Mufasa, wel hy het net besluit kos by die kamp is makliker en lekkerder.

 Die volgende dag het ons maar toe in die pad geval die ‘paar’ kilometer na Kudu Kaya begin. Hierdie ‘paar’ kilometer het ons amper heeldag gevat om te voltooi. Hierdie is 4×4 wereld. Ons is deur verskeie riviere, nie een van hulle dieper as ‘n halwe wiel hoogte nie, maar dinge kan heelwat anders lyk as dit reen. Meeste van ons het VHF radios in ons voertuie, so ons kon mekaar waarsku van aankomende verkeer. Dit is belangrik want by party plekke kan daar net een voertuig op ‘n slag deurbeweeg en om agteruit te gaan met ‘n waentjie op ‘n bergpas is nie ‘n aangename ondervinding nie.

Net na Doodsklip is daar ‘n styl klim waar meeste van ons (behalwe Werner, want hy het vergeet….mmm) maar in 1ste ‘low-range’ uit is. Hierdie pad toets ‘n waentjie tot sy uiterste. Bo-op die berg het ons eers na die kabel gaan kyk wat soos ‘dumb waiter’ werk waarmee mense jare terug goed oor die kloof vervoer het.

Terug by die voertuie gekom, kry ons ‘n terugslag. Werner het opgelet dat Christo se waentjie by die hak geskeur het van die onderstel. Nou kos dit plan maak. Gelukkig sit ek moet so paar ekstras in my ammokis. Dis kos ‘n ‘ratchet strap’ – nie daais wat jy by Outdoor Warehouse koop nie – nee ‘n lorry een, plus ‘n lekker dik ketting, dan lyk hy voor die tyd so en dan na die tyd so: Van Bergplaas af is die pad beter, maar dis ook nouer, met ‘n helse afgrond. Dis nie die tipe ding waarvan ‘n ou soos ek met hoogte vrees te veel van hou nie – en ek moes voor ry. Uiteindelik het ons laat midddag by Kudu Kaya aangekom en ons plekke begin kies. Christo het maar stadig gery, maar ons fix het gehou.Die kamp in Kudu Kaya waar ons gebly het was ‘n bietjie modderig (miskien was ons gespoil deur Doringkloof se grasperk), maar die natuurskoon en watervalle het meer as vergoed daarvoor. Die eerste aand in Kudu Kaya was dit Koos se beurt om kos te maak en hy het vir ons heerlike Eisbeins op die vuur gemaak.

Die volgende dag het ons besluit om die die area te voet ‘n bietjie te verken en het ons pad gevat na die watervalle toe. Net hierdie stappie alleen maak dit die moeite werd om by Kudu Kaya te kamp.

Die volgende kokke was die Kleinschmidts. Op die spyskaart: ‘n Worspot aka Cowboy-pot. Net die regte ding vir ‘n aand wat bietjie koeler was.

Johlene was in ekstase oor die pot.

Die volgende dag het ons bietjie rondgery en ‘n brunch deurgewerk by ‘n padstalletjie/restaurant. Christo het besluit hy gaan maar die lang pad aanvat huis toe met sy ‘gepatchte’ waentjie. Na ‘n lekkerlui Sondag, was dit my en Tanya se beurt om kos te maak. Ons het ‘spicy buffalo wings’ gemaak wat op die ou einde te sterk was vir sekere mense maar wat tog ok afgegaan het.

Die Maandagoggend is daar vroeg begin opslaan. Dis ‘n lang pad wat voorle na Addo. Die Krugers besluit hulle vakansie is verby en gaan huis toe. Ons is deur Patensie en Hankey tot op die N2. Ons het die N2 gevolg tot by die Uitenhage afdraai en dit toe gevat. In Uitenhage het ons eers bietjie ons ‘supplies’ opgevul en is toe verder noord na Kirkwood. Mvubu, ons kamp, is noord van die hoof Addo park. Ons kom by die Mvubu kantoor aan in baie nat weer.

Die pad van die kantoor na die kamp sorg vir groot sports waar voertuie en waentjie heeltemal onbeheerd oor die seepglad modderpad gaan. Gelukkig het die bewaarder ons darem gewaarsku, so ons het maar teen ‘n slakkepas beweeg. Die res van die dag slaan ons maar kamp op en elkeen sorg maar vir homself vir kos. Die kampeerplek het ‘n spoel toilet en ‘n warm stort wat met parafien werk.

Die volgende dag is die weer nog so bietjie mistroostig, so ons verken maar so bietjie om die kamp. Die kamp is teenaan die Sondagsrivier wat vol vis is en die plantegroei laat jou ‘n bietjie aan die Bosveld dink. Later die dag, klaar die weer op en ons ry so bietjie in die reservaat rond. Dit is propvol volstruise, vlakvarke, kudus en natuurlik bobbejane – hier is nie olifante in die kamp nie – daar is wel glo renosters in ‘n kamp nog noord. Ek het selfs op ‘n ‘Rock Monitor Lizard’ afgekom.

 Die vlakvarke is ook so mak dat hulle sommer tot in ons kamp loop en wei.

Daardie aand is Elsabe en Alfred aan die beurt om kos te maak en hulle sit toe vir ons lekker hamburger en aartappelslaai voor.

Die volgende dag besluit ons om na die hoofkamp toe te gaan om bietjie olifante te gaan kyk. Ons kry zebras, ,volstruise, rooihartebees, kudus, buffels, ‘n groepie olifante en vlakvarke – baie vlakvarke – g’n wonder party mense noem dit die Addo Vlakvark Park nie. Dit is regtig ‘n baie mooi park en al wat ek dalk negatief daaroor kan se^ is dat ‘n bietjie oorgekommersialiseerd is – dis waar ek die Mvubu kamp verkies. Daar is onlangs ook leeus in die kamp ingebring, maar ons kon hulle nie sien nie.

The hoofkamp het ook ‘n baie lekker restaurant waar ons ‘n paar wyne gedrink het

en dan is daar dan ook nog die stories van Hapoor – ‘n olifant wat ‘n legende was – en Domkrag – ‘n skilpad wat so genoem was omdat hy onder die karre ingekruip het en hulle dan opgetel het – glo dit of nie.

Terug by die kamp ontspan ons maar so bietjie en die aand maak elke ou maar vir homself kos. Die volgende dag wil ek gaan vis. Ek is vroeg op die volgende dag en loop met my stok na die rivier toe.

maar niks wil byt nie en ons besluit om bietjie te gaan 4×4. Een gedeelte wat ons deurgaan lyk of daar jare laas ‘n voertuig deur was. Massiewe spinnekoprakke hang die hele plek vol.

Na ‘n stywe 4×4 opdraand kom ons bo-op ‘n berg uit waar ons myle ver om ons kan sien.

Ons druk voort en kom by verlate ossewaens uit en word verras deur ‘n pratige natuurskoon.

En net toe ons dink ons is deur kom ons by ‘n hek uit wat gesluit is. Die kort van die lank is ons moes omdraai en nou begin tyd ‘n faktor raak. Dit het ons omtrent 4 ure gevat om by die hek uit te kom en sal moet gou maak as ons nie in die donker gestrand wil wees op die berg nie. Gelukkig is die pad terug darem ‘n bietjie vinniger en kom ons net toe dit begin donker raak, by die kamp aan. (Ons het later uitgevind dat ons eintlik eers by die bewaarder moes toestemming kry, ‘n fooi betaal (nogal duur R280/voertuig) en dan gee hy vir jou ‘n sleutel sodat jy via Darlington op die teerpad kan terugkom). Daardie aand kry ons weer ‘n reentjie maar Elsabe en Tania (Kleinschmidt nie Kotze) besluit maar om in die reen te braai.

Die volgende dag lyk die weer oopgetrek

en ek en Garner gaan visvang. Garner trek sy eerste barber uit. en ek jaag ‘n sprinkaan rond.Die sonsondergange in Mvubu is asemrowend en die stilte wat daarme gepaard gaan laat jou dink dat jy honderde kilometers van beskawing af is

Die dag van die 6de April, lyk dit asof die reen verby is. Dit is ‘n baie mooi oggend en ek is weer rivier toe, ek vang weer niks en gaan kamp toe om ‘n houtkapper te kry

Die volgende dag is ons weer na die hoofkamp toe, ons het hopeloos te min olifante die vorige keer gesien. Hierdie keer word ons beloon:

Dan is daar dan nog ook die ‘Flighless Dung Beetle’ wat net hier voorkom in die hele wereld. Jy probeer die outjies mis op die pad maar dit werk nie altyd do lekker nie. Probeer ook om nie oor die olifantmis te ry, dis hier waar die outjies baljaar.Terug by die hoof uitkykpunt, sien ons toe die. ‘n Olifant en skilpad wat water drink en die olifant lyk heel onrustig met die prehistoriese dier langs hom

en besluit ons gaan sommer iets net daar braai

Die volgende dag ry ek maar bietjie in die Mvubu reservaat rond en probeer so bietjie kiekies neem, later gaan ons toe in Kirkwood toe om ‘n bietjie op te stock.

Vroeg die volgende oggend pak ons op en vat die pad na Tsitsikamma.

Ons stop by die Stormsrivierbrug en kry iets om te eet

Ons ry ompad agv ‘n pad wat verspoel het en kom by ‘n nat Nature’s Valley en slaan tent op in nat weer

Die volgende oggend gaan doen ek bietjie verkenning.

en gaan kyk ook na die pad wat verspoel het

Die volgende dag wil ek gaan visvang en Tanya gaan saam, maar die vis wil nie byt nie. Iets van die water wat te koud is.

Terwyl die ander mense op ‘n ‘canopy tour’ gaan, besluit ek en Tanya om die volgende dag bietjie te gaan pub in Plettenbergbaai. Ons gaan na ons gewoonlikke spot toe, Moby Dick’s eet heerlike seekos.

later die aand gaan vang ek weer vis, maar niks. Volgende dag besluit ons om by Stormsriviermond kamp te gaan braai net om te kyk hoe dit daar lyk as ‘n mens weer hierdie kant toe gaan. Die kamp is pragtig en teen die see, maar die kan ‘n bietjie onbeskut wees as die weer sou verander.

Jip en so kom elke goeie ding maar op ‘n end. Die volgende dag het ons gepak en die lang pad huistoe gevat

Tot volgende keer!

Adrienne Kotze

(20) views

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.