Calvinia na Ceres – Die ander pad

Na ‘n lang naweek se bly by Oom Schalk en Tannie Karin op hul plaas Matjiesfontein naby Calvinia, het ons besluit om ‘n ander roete te volg terug Kaap toe.

 

 

Ons het die naweek in Calvinia spandeer (‘n troue aangehad) en gewonder of ons maar dieselfde ou boring paadjie N7 langs moes terugvat Kaap toe. Ons het al voorheen die pad teruggevat via die Pakhuispas pad deur Clanwilliam, maar Oom Schalk het my oorreed om ‘n ander pad te vat.

Met die pad gaan jy verder aan deur Calvinia en draai dan so paar kilos verder regs na Middelpos. Van Middelpos volg jy die Ceres aanwysings wat jou tot by die Gannaspas bring, jy gaan deur die Tankwa-Karoo Nasionale Park langs Kagga Kamma verby en land dan in Ceres. Hier is so bietjie foto’s.

Ok, so jy vat die R27 deur Calvinia oppad na Williston. So +/- 10km uit Calvinia draai jy regs op die R354 en volg die pad na Middelpos. Nou Middelpos lyk so:-

Ja, dit is die hele Middelpos. Daar is ‘n poskantoor, polisiestasie, hotel en ‘n winkeltjie. Dis al. En word glo alles deur een ou besit. Jy vat dan die aanwysings na Ceres. Oppad het ons op hierdie manne afgekom in die middel van nerens:-

Die dorre landskap verander baie vinnig na ‘n grasvlakte en dan kry jy die bord wat die begin van die Gannapas aandui.

Hier is ook twee fotos wat bo van die berg afgeneem is, voor die steil afdraand begin

Nou die wat my ken sal weet ek is nie heeltemal te erg oor hoogtes nie. Hierdie pas is steil en grotendeels van die pas kan daar net een voertuig op ‘n slag beweeg. So as jy afgaan, kyk maar eers of daar nie ander voertuie van vooraf kom nie en soos jy afgaan probeer maar onthou van die inhamme indien jy moet reverse vir ‘n ander voertuig. Mense met waentjies, julle is gewaarsku!

Hier is Bloujob by die uitkykpunt:-

Ja, ek weet dit lyk nie erg nie, maar vertrou my maar. Hier is nog shots van die uitkykpunt oor die vallei en die Tankwa-Karoo Park.

Van hieraf, begin die dorre aarde weer.

 Nou travel jy vir ‘n helse end op die grondpad en volg maar net die aanwysings na Ceres.

Hierdie tyd van die jaar lyk dit maar droog en meeste van die pad lyk so:-

Nou as jy na die fotos kyk lyk dit na ‘n lekker grondpad wat jy maklik 80km/h kan ry. Oppas!. Onlangse reen het slote oor die pad gespoel waardeur jy nie baie vinniger as 20km/h kan gaan nie. Een so gat het ons gevang teen 60km/h en die hele Defender tot stilstand geruk. Dit is ‘n uiterse kak experience. Foto van ons sloot hieronder:-

Later sluit die pad aan by die R355 wat die ander grondpad tussen Ceres en Calvinia is. Jy gaan aan met die pad verby Kagga Kamma, die pad raak dan die R46 wat jou tot binne Ceres vat.

Van Calvinia tot in Tableview het ons ‘n totaal van 7 ure gevat met baie min stoppe tussen-in. Sal ek dit weer doen? Beslis, maar nie gou weer nie!

like it

prix cialis 5mg

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.