De Drinken – April 2010

Ons het besluit om hierdie jaar een van ons Manne Naweke by De Drinken te gaan hou. Soort van ‘n ‘budget’ Mighty Men trip.

As jy van Kaapstad se kant op die N7 reis, draai jy regs by die tweede kruising by Moorreesburg na Gouda en ry vir so 14.5 km tot jy ‘n bordtjie kry wat die ‘Drie Heuwels’ plaas aandui.  Hier draai jy dan links en volg die pad tot by die plaashuis.

Die plaas word besit deur Henriëtta en Koos Bester en is langs die Bergrivier geleë. Ek kom al geruime jare hier en wat vir my so aantreklik van De Drinken is, is die kort afstand van die stad, die Bergrivier waar jy kan visvang, swem en boot ry, die ablusie fasiliteite wat primitief maar skoon is (daar is ‘n donkie wat jy kan stook as jy wil warm stort), die lekker lapa en die digte bloekom bome wat lekker koelte verskaf. Die verblyfkostes pas dan ook ‘n man se sak.

 

 

 

 

 Daar is ook ‘n 4×4 roete (Heuningberg) om die draai – jy ry eintlik deur die rivier om daar te kom – maar jy sal voor die tyd met Eben Mouton moet reël.

Hier is baie vis, alhoewel ons hierdie spesifieke naweek nie so gelukkig was nie. Barber en karp is volop. Hier is Jan besig metr sy ‘magic’ tamatiesousbrood en Leon wys een van sy vele karpe (hy was die gelukkige een)

 

 

Hendri was verskriklik bly oor sy mini-karp en Leon het later selfs met ‘n voëltjie probeer om daardie slu barber te vang

 

 

 

 

 

As die vis nie wou byt nie het die ouens maar na ander aktiwiteite begin soek soos die bobbejaan tou

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

of miskien met die windbuks bietjie teiken geskiet (met al die beoordeelaars)

 

 

 

 

 

 

en selfs miskien ‘n potjie of twee ‘lie dice’

 

Die volgende paar fotos is vroeg die oggend geneem terwyl daar nog so ligte mis oor die rivier lê.

 

 

 

 

 

 De Drinken bly jare ‘n ou gunsteling van my en sal my beslis weer sien.

Onkostes is soos volg: R120 vir die kampeerarea en dan R50 pppn.

Kontakbesonderhede: Henriëtta Bester by 083 894 8512 of 022 433 2597

4×4: Jy kan Eben Mouton van Heuningberg se nommer by Henriëtta kry.

(14) views

1 thought on “De Drinken – April 2010

  1. Pingback: De Drinken – Mannenaweek Nov 2012 | Xhi-Xhom-Xhak!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.